Blaauwberg-natuurreservaat tot erfenisgebied verklaar

Die Blaauwberg-natuurreservaat in Kaapstad word vandag gevier en tot provinsiale erfenisgebied verklaar. Die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, Anroux Marais, sê erkenning sal gegee word aan die reservaat se kulturele betekenis en sy plek in die geskiedenis, nie slegs in die provinsie nie, maar ook nasionaal. Die Slag van Blaauwberg was ‘n keerpunt in die geskiedenis van die Kaapkolonie. Die slagveld en veldhospitaal wat opgerig is tydens die geveg in 1806, vorm deel van die reservaat.