Bipolêr-bewustheidsdag vandag herdenk

Vandag is Bipolêr-bewustheidsdag en die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep skep vanjaar bewustheid om die stigma te verwyder wat soveel mense met die afwyking steeds tuis, by die werk en in die breër gemeenskap ervaar. Die simptome van die geestestoestand kan verhoudings, werk, studie en ander gebiede ontwrig. ‘n Gautengse psigiater, Leigh Jeanet, sê selfbestuur is belangrik.