Biometriese tegnologie vir veediefstal – dit sal duur wees
In sy weeklikse nuusbrief sê die Namibiese Landbou-unie dat gesigsherkenningstegnologie ’n kardinale rol kan speel in die voortdurende stryd teen veediefstal. Dit het reeds in Suid-Afrika posgevat. Die tegnologie is in staat om met 99 persent akkuraatheid, individuele beeste via hul bekke te identifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi ‘n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging gepraat. Hy het so reageer op die tegnologie.
Hy lig die uitdagings met die tradisionele bekamping van veediefstal uit en sê die polisie op die dorp het net een voertuig…