Binnenshuise Hokkiewêreldbeker 2023 in Tshwane aangebied

Hokkie: Suid-Afrikaanse ondersteuners van die sport sal die geleentheid kry om volgende jaar die beste van die bestes in aksie te sien by die Binnenshuise Hokkiewêreldbeker in Tshwane. Twaalf van die voorste binnenshuise hokkielande, gelei deur die verdedigende mans-kampioen Oostenryk, sal hul talente ten toon stel wanneer die mans- en vrouespanne vanaf 5 Februarie 2023 in die Heartfelt Arena bymekaarkom. Al is die sterk Duitse spanne nie by die toernooi nie, sê die plaaslike reëlingskomitee hulle sien uit na ‘n spoggeleentheid.