Binnenshuise hokkiespan skitter
Die Namibiese senior mans binnenshuise hokkiespan het die gasheerland Maleisië met 7-5 geklop in the Sultan Nazrin Shah mans-binnenshuise hokkie toernooi in Ipoh, nadat hulle teruggeveg het toe hulle 2-4 agter was. Dit was Namibië se tweede oorwinning van die dag. In die eerste wedstryd het hulle Nieu-Seeland met 3-2 verslaan. DJ Strauss en sy manne sluit dag 1 af in die tweede plek op die log. Hulle is weer Woensdag in aksie, wanneer hulle teen Hong Kong China en Suid-Afrika te staan sal kom.