Billy en Mako onderteken weer met Saracens

Engeland se internasionale spelers, Billy en Mako Vunipola, het beide nuwe kontrakte met die Engelse Premierliga-klub Saracens geteken. Die noord-Londense klub het nie die duur van die nuwe kontrakte openbaar nie. Die 29-jarige Billy het 135 keer vir Saracens op die veld gedraf sedert hy Wasps in 2013 verlaat het. Hy het vier Premierliga-titels en drie Europese titels verower in sy tyd by die klub. Mako het Saracens 187 keer verteenwoordig sedert hy in 2011 by die klub aangesluit het. Die 30-jarige het reeds agt trofeë gewen by die klub.