Bek- en klouseer: beperking op beweging gedeeltelik gelig

Die direktoraat van veeartsenydienste in die landbouministerie het die beperking op die beweging van diere met gesplete hoewe, en hul produkte, gedeeltelik in die Zambezi-streek gelig. Die beperking is ingestel nadat ‘n nuwe vorm van bek- en klouseer, serotipe-0, op 9 Augustus vanjaar in die streek bevestig is. Dr. Albertina Shilongo, hoof van die direktoraat, sê 80 persent van die bees in die streek is reeds ingeënt en die laaste bevestigde geval is op 9 November bevestig. Volgens haar kan die uitbreking eers tot ‘n amptelik einde kom drie maande na die laaste geval bevestig is en dus, is die beperking op beweging net gedeeltelik gelig. Die gebied wat steeds ingeperk is, is die landelike gebied van Katima Mulilo, en die Kabbe Noord en –Suid areas.