Billikheid, volhoubaarheid van onderwys onder die soeklig

Vandag word die Internasionale Dag vir Onderwys herdenk. Die Verenigde Nasies het die dag verklaar om die rol van onderwys in ‘n land se ontwikkeling te beklemtoon. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie Sanet Steenkamp sê daar moet klem gelê word op die volhoubaarheid, billikheid en kwaliteit van Namibiese onderwys.