Kapenaars moet dringend water spaar

Stad Kaapstad vra inwoners se samewerking om minder water te gebruik en só die stadsraad deur ‘n chloor-tekort te help. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die naweek se hittegolf het waterverbruik skerp laat styg. Kaapstad het wel gebeurlikheidsplanne in plek om te verseker genoeg chloor is beskikbaar om te alle tye aan die nasionale standaarde vir drinkwater-kwaliteit te voldoen, maar die publiek kan help deur hul nie-noodsaaklike waterverbruik gesamentlik tot sowat 800-milliliter per dag te beperk: