Billike toegang tot medisyne in Afrika onder die loep

Afrika het ‘n dringende behoefte aan billike toegang tot medisyne en gesondheidsorgprodukte weens regulatoriese uitdagings, het bedryfskenners bevestig by die Wêreld Plaaslike Produksie Forum in Den Haag, Nederland. Hulle het ooreengekom dat ‘n wêreldwye regulatoriese standaard ingestel moet word om die kontinent se afhanklikheid van buitelandse gesondheidsorgprodukte en invoere te verminder. Michael Mynhardt, besigheidstrateeg vir belegging en vervaardiging in Afrika, en paneellid by die forum, het meer.