Bill en Melinda is geskei

Bill Gates en Melinda French Gates is nou amptelik geskei nadat ‘n regter die proses gefinaliseer het. Die voormalige paartjie, wat drie volwasse kinders het, het in Mei aangekondig hulle gaan na ‘n huwelik van 27-jaar skei. Volgens Amerikaanse media het French Gates in vorige hofdokumente aangedui sy gaan nie haar van verander nie. Die finale egskeidingsbevel dui aan die twee het op ‘n skeidingskontrak ooreengekom. Dit is egter nie as deel van die egskeidingsbevel by die hof ingedien nie. Die kontrak bepaal hoe die twee hulle eiendom en hofkostes sal verdeel.