‘BIG’ steeds op die tafel

Die voorgestelde basiese inkomste-toelae in Namibië is met gemengde gevoelens ontvang en sommige gemeenskappe van die samelewing meen die toelae is onmoontlik. Gemeenskapsaktivis Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle dit nie skrap nie, maar selfs die President het ‘n kombinasie van toelae voorgestel.