Bier kan duurder oor minder gars

Die Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer sê hy verwag ‘n afname in gars-aanplantings. Dit volg na die oesskattingskomitee se bekendmaking van boere se beplanning vir die verbouing van wintergewasse. Suid-Afrikaanse boere gaan in die 2021/22-seisoen 33 persent minder gars plant. Die afname kan ook toegeskryf word aan ‘n groot oes en probleme wat deur die alkoholverbod veroorsaak is. Die sakekamer sê daar sal waarskynlik meer kanola en hawer geplant word. Die Suid-Afrikaanse Landbou-ekonoom, Dr. Kobus Laubscher, sê met die produksieprogram sal minder gars, maar meer kanola en koring geplant word. Indien die vraag na bier verhoog, kan dit lei tot groter invoere van gars by die bierbrouery op Okahandja. Dit kan weer ‘n impak hê op die prys van bier op medium- en langtermyn. Laubscher gesels met Kosmos 94.1 Nuus.