Biden wil nie Rusland as borg van terrorisme verklaar nie

Amerikaanse President Joe Biden sê Rusland moet nie as ‘n borg van terrorisme aangewys word nie. Dit is ‘n etiket waarop die Oekraïne aandring te midde van Rusland se inval in daardie land. Die Kremlin het gewaarsku dat sou Rusland so geklassifiseer word, sal dit die bande tussen die VSA en Rusland verbreek. Media het aan Biden die vraag direk gestel en hy het deurslaggewend ‘nee’ geantwoord. Daar is sommige Amerikaanse wetgewers wat ook aandring op die klassifikasie vir Rusland.