Boeing verloor groot met Trump Airforce One ooreenkoms

Die Amerikaanse Boeing-firma sal volgens berigte 1,6 miljard Amerikaanse dollar verloor in ‘n ooreenkoms met die voormalige president, Donald Trump oor Air Force One. Twee nuwe Boeing 747-8’s sou ontwerp wees om soos die Withuis in die lug te wees, in staat om te vlieg in die ergste veiligheids scenario’s, soos kernoorlog, en sou aangepas wees met militêre lugvaartkunde, gevorderde kommunikasie en ‘n selfverdedigingstelsel. Boeing se uitvoerende hoof Dave Calhoun het gesê daar was verskeie risiko’s vir die maatskappy wat hy nie moes geneem het nie. Trump het destyds planne voorgelê aan die maatskappy.