Biden verwelkom skietstilstand

‘n Skietstilstand het 2-uur vanoggend in Israel en Palestina in werking getree. Die ooreenkoms wat as wedersyds en onvoorwaardelik beskryf word, is deur Egipte bemiddel. Die ooreenkoms bring 11 dae se konflik tot ‘n einde en talle Palestyne het fees gevier in die strate van Gaza. Meer as 230 mense is in Gaza dood met meer as 100 kinders en vroue en 12 mense is in Israel dood. Israel sê hy het ten minste 150 militante van die groep Hamas gedood en het ongeveer 4000 vuurpyle op die gebied afgevuur. Die Amerikaanse President Joe Biden het die ooreenkoms verwelkom.