Biden verdedig McConnell se gesondheid

Amerikaanse Senaat Republikein Mitch McConnell is in die nuus in die VSA. Hy het Woensdag vir meer as 30 sekondes gevries tydens ‘n openbare verskyning voordat hy weg begelei is. Dit is die tweede keer wat hy in die openbaar vries, met die eerste voorval op 26 Julie vanjaar. Die 81-jarige het voor verslaggewers gestaan en staar, en nie op enige vrae of hulp van sy personeel gereageer nie. McConnell het die afgelope tyd twee keer geval en het harsingskudding opgedoen. Daar is vrae oor of hy nog bevoeg is om die party in die Senaat te lei. Hy het duidelik President Joe Biden se ondersteuning.