Biden vaar uit teen Trump, noem nie sy naam nie

Die Amerikaanse president, Joe Biden het teenoor Donald Trump uitgevaar by ‘n openbare toespraak in Philadelphia, alhoewel hy hom nie by die naam genoem het nie. Biden het kommentaar gelewer oor die aanpassings wat in verskeie Republikeinse deelstate aan die kieserswet gemaak word. Kenners meen dit beperk stemreg.