Biden vaar uit teen die Republikeine

Die Amerikaanse President Joe Biden het vir die eerste keer sedert hy president geword het, uitgevaar teen die Republikeine. Die party wil nie sy Build Back Better-plan, wat infrastruktuurprojekte, beter gesondheidsorg, opvoeding en maatskaplike dienste insluit, goedkeur nie. Party-politiek in die VSA is op die oomblik baie verdeeld met lede van die twee partye wat volgens kenners eenvoudig dwars trek. Biden het dit so verwoord.