Biden toets negatief vir Covid

Die Amerikaanse President Joe Biden sê hy voel goed en het gou herstel. Die 79-jarige Biden het Woensdag negatief getoets vir Covid-19 en gaan nie voort met sy afsonderingstydperk van vyf dae sedert hy verlede Donderdag positief getoets het nie. Biden het ook ‘n vyfdag-kursus van die teenvirale middel, Paxlovid, voltooi wat die intensiteit van die siekte verminder. Hy gebruik ook nie meer Tylenol nie. Hy waarsku mense dat Covid-19 steeds voorkom: