Biden spreek vandag Ierse parlement toe  

Die Amerikaanse President, Joe Biden, sal oor die volgende twee dae verskeie amptelike vergaderings in Dublin in Ierland bywoon. Hy word ook vandag slegs die vierde Amerikaanse staatshoof wat die Ierse parlement toespreek. Biden het Woensdag in Dublin aangekom, na ‘n kort besoek aan Belfast in Noord-Ierland, waar hy met die Britse eerste minister, Rishi Sunak vergader het. Biden, wat ‘n afstammeling van Ierse immigrante is, het ook van sy verlangse familielede in die Ierse hoofstad ontmoet.