Biden sê Trump was ruggraatloos op 6 Januarie

Die Amerikaanse President Joe Biden, wat in die verlede nie veel kommentaar oor sy voorganger Donald Trump gelewer het nie, het op sy amptelike Twitter-blad gesê dat Trump ruggraatloos was toe hy die opstand op 6 Januarie verlede jaar in die veiligheid van die Withuis se eetkamer gekyk het en vir drie ure, nie ‘n vinger gelig het om wetstoepassingsbeamptes by te staan nie.

Intussen het dit bekend geword dat Trump sinne wat hom distansieer het van die oproeriges, uit sy toespraak wat hy op 7 Januarie gelewer het, verwyder. Onder andere het hy, “Ek wil baie duidelik wees: Julle verteenwoordig my nie. Julle verteenwoordig nie ons beweging nie,” verwyder.