Biden, Ruto onderneem om demokrasie in Afrika te beskerm
Die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy ampsgenoot van Kenia, Williams Ruto, onderneem om demokrasie in Afrika te beskerm. Die twee leiers het tydens Ruto se ampsbesoek aan die Withuis samewerking met tegnologie, sekerheid en skuldverligting beklemtoon. Die besprekings het onder meer gefokus op die bekamping van terrorisme, ekonomiese bande en belegging in groen energie. Ruto het ‘n beroep op Amerika gedoen om steun aan Afrika-lande te versterk.