Biden plaas verbod Russiese olie, gas en energie

Amerikaanse President Joe Biden het pas aangekondig dat die VSA ‘n verbod plaas op alle invoere van Russiese olie, gas en energie. Hy het gesê Russiese olie sal nie meer by Amerikaanse hawens aanvaar word nie. Biden sê die sanksies teen Rusland is suksesvol en laat sy ekonomie ineenstort met ‘n Russiese roebel wat nie eens ‘n Amerikaanse pennie werd is nie.