Biden kondig Afrika-beraad aan

President Joe Biden het ‘n Afrika-beraad aangekondig. Dit sal na verwagting in Desember in Washington plaasvind. Volgens Biden sal die dringende uitdagings van voedselsekerheid tot klimaatsverandering bespreek word. Hy sê die beraad is bewys van die VSA se blywende verbintenis tot Afrika, en beklemtoon weer die belangrikheid van die verhouding. Daar word bespiegel dat ten minste 50 Afrika-leiers die beraad vanaf 13 to 15 Desember sal bywoon.