Biden Jr. sê Trump-hulle het gesmous met sy inligting

Hunter Biden het die Departement van Justisie en die prokureur-generaal van Delaware gevra om oudpresident Donald Trump van Amerika se bondgenote te ondersoek. Volgens hom het hulle handel gedryf met inligting wat van sy skootrekenaar gesteel is. President Joe Biden se seun se prokureurs het gevra vir ‘n ondersoek na die gewese eienaar van ‘n rekenaar-herstelwinkel, John Paul Mac Isaac, Trump se gewese raadgewers Rudy Giuliani en Steve Bannon, en hulle prokureur, Robert Costello. E-posse wat op die rekenaar se hardeskyf gevind is, dui daarop dat Biden se sakebedrywighede in die buiteland Amerika se buitelandse beleid beïnvloed het terwyl sy pa visepresident was.