Biden inentingsteikens nie ons skuld nie – Facebook

Facebook sê hy kan nie die blaam vat vir die feit dat President Joe Biden nie sy inentingsteikens bereik het nie. Biden het vroeër die maatskappy daarvan beskuldig dat hy nie genoeg doen om fopnuus in verband met die Covid-inentings te beheer nie. Biden wou 70 persent van alle landsburgers teen 4 Julie ingeënt het. Die maatskappy se vise-president Guy Rosen sê 85 persent van Amerikaanse Facebook-verbruikers is of ingeënt of wil ingeënt word teen Covid so die huidige syfers is nie hulle skuld nie. Tans is 49,1 persent van die Amerikaanse bevolking ingeënt.