Biden gelooi op menseregte-rekord

Human Rights Watch het skerp kritiek uitgespreek teenoor die Amerikaanse president, Joe Biden en ander leiers van die Westerse wêreld vir hulle swak standpunt op demokrasie, klimaatsverandering, armoede en rasse-ongeregtigheid. Volgens die uitvoerende direkteur Kenneth Roth verkoop Bidens steeds wapens aan Egipte, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Israel, ten spyte van die lande se onderdrukking van gemeenskappe. Leiers soos die Franse staatshoof Emmanuel Macron en die voormalige Duitse kanselier, Angela Merkel, is hier ingesluit. Roth sê ook Biden verloor sy stem by berade wanneer hy ‘n geleentheid het om op te staan vir menseregte.