Biden geen nie hoop vir post-Brexit-vryhandelsooreenkoms met VK

Die Amerikaanse president Joe Biden het nie veel hoop gegee vir ‘n post-Brexit-vryhandelsooreenkoms met die Verenigde Koninkryk nie. Dit volg na samesprekings by die Withuis met die Britse eerste minister, Boris Johnson. Johnson se kantoor sê dis belangrik om ‘n uitsluitlike ooreenkoms met Amerika te bewerkstellig. Internasionale media berig egter Britse ministers oorweeg blykbaar om by ‘n bestaande Noord-Amerikaanse handelsooreenkoms aan te sluit eerder as om ‘n afsonderlike ooreenkoms te probeer bereik.