Biden bring olieprys verligting

Oliepryse het vandag toe handel oopgemaak het effe teruggesak nadat dit op amper 108 Amerikaanse dollar gesluit het. Op die oomblik verhandel Brent rondom 105 Amerikaanse dollar per vat. Die beplande Amerikaanse vrylating van ‘n miljoen vate daagliks het veroorsaak dat die prys gedaal het met ongeveer 13 persent tot op hede. Amerikaanse President Joe Biden sê die vrystelling van sy reserwes sal in Mei begin en ses maande duur. Dit is ‘n derde van die land se totale reserwes en die grootste ooit.

Intussen het Opul en sy vennote wat Rusland insluit, soos verwag, beslis om produksie net met 432 000 vate daagliks op te stoot ondanks druk deur die VSA op Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate om hul spaarkapasiteit te gebruik om produksie ‘n hupstoot te gee en prysverligting daar te stel.