Biden-administrasie druk Opul om produksie op te stoot, ekonomiese herstel maak staat daarop

Die Biden-administrasie het oor die afgelope dae met verskeie Opul-lede vergader in ‘n poging om olie-produksie op te stoot. Volgens die Amerikaanse regering moet die Opul-lande meer doen om ekonomiese herstel te bewerkstellig, regoor die wêreld. Die olieprys het, nieteenstaande vrese oor die Delta-variant en ‘n moontlike daling in vraag, redelik gestyg oor die afgelope weke. Opul-lande het ook in Julie met sy vennote, bekend as Opul+, vergader en ooreengekom om produksie met 400 000 vate daagliks op te stoot maar die Withuis nasionale sekerheidsadviseur Jake Sullivan sê dit is nie genoeg nie. Teen die tempo wat Opul sy 2020-besnoeiings, toe die hele wêreld ingeperk was, wil omkeer, sal produksie eers tussen September en Desember volgende jaar, terugkeer na 2019 vlakke.