BIC-bank verloor miljoene jaarliks

Die BIC-bank is die enigste bank in Namibië wat nog nooit ‘n wins gemaak het sedert bedrywighede begin het nie. Vir die 2021 finansiële jaar het daardie verlies op net minder as 148 000 Namibiese dollar daagliks gestaan. Die bank, wat sedert 2015 plaaslik operasioneel is, het ‘n verlies van 2018 miljoen Namibiese dollar sedertdien aangeteken. Die bank is die grootste privaat bank in Angola en ten spyte van die verliese sê die vier direkteure van die bank, waarvan drie Portugese burgers is, die maatskappy sal voortgaan met sy bedrywighede en ay aandeelhouers sal reddingsboeie verskaf.