Bibi verwerp buitelandse druk oor sy regstelsel-plan

Israel se beleërde eerste minister Benjamin Netanyahu het president Joe Biden van Amerika se oproep verwerp om ‘n voorgestelde hersiening van die regstelsel te laat vaar. Hy het Maandag ná wydverspreide betogings die stemmery oor die voorstel tydelik uitgestel. Netanyahu sê Israel is ‘n soewereine land wat besluite neem volgens die wil van sy mense en nie deur buitelandse druk nie, selfs nie van sy beste vriende nie. Hy sê sy regering is verbind tot die versterking van demokrasie deur ‘n behoorlike balans tussen die drie takke van regering te herstel.