‘Bibi kan nie nou stop nie… hy ry fiets, as hy stop sal hy val’September 19, 2024
Die Libanese ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Rami Mortada, het met Britse media gepraat oor die aanvalle in sy land, vermoedelik deur Israel se intelligensie, Mossad. Mortada sê Israeliese premier Benjamin Netanyahu, wat op die oomblik immuun is teen vervolging op klagtes van korrupsie, sy land in ‘n stand van oorlog moet hou… hy sê Netanyahu ry ‘n fiets. As hy nou stop, sal hy val.