Bheki: Meeste provinsies het afname in moord
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het ‘n afname van 3,1 persent in verskeie misdaad-kategorieë vir die tydperk tussen April en Junie vanjaar aangekondig. Die jongste misdaadstatistiek dek die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar. Die minister sê alle provinsies, behalwe Mpumalanga, het ‘n afname in moordsyfers getoon. Seksuele misdrywe het met 1,9 persent gedaal, terwyl kontakmisdade met 1,6 persent afgeneem het. Volgens Cele dui die gesamentlike poging om veiliger gemeenskappe te bevorder op vordering in die bekamping van misdaad.