Beyoncé raap Grammy-rekord op, 32 beelde gewen

Die gewilde popster Beyoncé het geskiedenis gemaak deur die rekord vir die meeste Grammy-toekennings van alle tye te verbeter. Dít nadat sy haar 32ste trofee by vanjaar se seremonie ingesamel het. Sy het die rekord gebreek toe sy die toekenning vir beste dans of elektroniese album gewen het. Daarmee het sy die Hongaars-Britse dirigent George Solti verbygesteek, wie se rekord van 31 toekennings vir meer as 20 jaar gestaan het.