Bewonder en Bewaar fokus vanaand op guanacos

Die guanaco is ’n dier wat een van Patagonië se eerste ontdekkers, Darwin, betower het. Guanacos het oor ’n tydperk van meer as 9 000 jaar die kultuur van Patagonië se eerste inwoners gevorm. Guanaco-troppe kom vandag steeds in Patagonië voor, maar in kleiner getalle en die Patagoniese navorser, Emanuel Galetto, is passievol daaroor om die guanaco tot sy eertydse glorie te herstel met behulp van satelliet-tegnologie met elektroniese nekbande. Aanbieder Bonné de Bod, is in vanaand se ‘Bewonder en Bewaar’ op kykNET te siene in Suid-Amerika vir ‘n kykie van naderby na hierdie pragtige herbivoor, wat deel is van die kameel-familie.