‘Bewerings oor verkiesingstelsel is bog’
Ivan Skrywer van die Landless People’s Movement het in ‘n brief sy kommer uitgespreek oor die geldigheid, deursigtigheid en funksionaliteit van die nuwe geïntegreerde stelsel vir verkiesings. Volgens hom het hy by ‘n betroubare bron verneem die stelsel word deur plaaslike hoërskoollerders opgestel. Die bron sê ook glo amptenare van die Verkiesingskommissie van Namibië wat die stelsel help ontwerp het word op die kantlyn gehou, want die werk is uitgekontrakteer en die kommissie het nie beheer daaroor nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, woordvoerder van die kommissie, wat die beweringe afgeskiet het as onwaar en misleidend.