Beweerde whiskey-smokkelaar vasgetrek


’n 43-jarige man is gearresteer nadat hy in besit gevind is van 259 pakke smokkel-whisky by die Onankali-dorpie in die Oshikoto-streek. Luidens ‘n NamPol misdaadverslag was die polisie op patrollie omstreeks 10-uur die aand toe hulle die verdagte in besit van die onwettige goedere gevind het. Daar is beslag gelê op 259 pakke Best whiskies, en elke pak het 5 180 sakkies bevat met ‘n totale waarde van 25 000 Namibiese dollar. Die verslag sê die verdagte is van Engela-dorpie in die Ohangwena-streek.