Bewaringslandbou in Suider-Afrika onder die loep
Verteenwoordigers van tien Suider-Afrikaanse lande het in Maputo byeengekom vir die jaarlikse vergadering oor bewaringslandbou onder die sambreel van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies. Die Noorse Agentskap vir Ontwikkeling-samewerking se befondsde projek vir kleinskaalse boere oor bewaringslandbou in Suider-Afrika het ten doel om voedselsekerheid te bevorder. Jose Fernandes, die voedsel-organisasie se verteenwoordiger in Mosambiek het by die byeenkoms gepraat.