Bewaringslandbou in Namibië aangemoedig

Namibië is ‘n dorre land met wisselende en lae reënval en grondtoestande wat oor die algemeen nie bevorderlik is vir konvensionele landbou en voedselproduksie nie, sê die adjunk-uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Mildred Kambinda. Sy het die belangrikheid van die ontwikkeling van bewaringslandbou vir Namibië tydens die  opening van die Konserwatiewe Landbouprogram 2-werkswinkel op Swakopmund beklemtoon. Die nuwe klimaat-aanpassingsprogram sal aan die einde van die huidige Omvattende Bewarings-landbouprogram geïmplementeer word om voedsel- en voedingsekerheid te verseker. Die werkswinkel, wat deur lede van die Namibiese Nasionale Boere-unie bygewoon word, hersien die suksesse en uitdagings wat boere met die implementering van die eerste program teëgekom het.