Bewaringsbevel teen Francois Swart in buurland bekom

Die Nasionale Verbruikerskommissie in Suid-Afrika het ‘n bewaringsbevel bekom teen Priority Escapes en sy direkteur, Francois Swart. Dit volg op talle klagtes van verbruikers wat vir vakansiebesprekings betaal het, maar geen vakansies of terugbetalings ontvang het nie na alles gekanselleer is. Die kommissie het bevind die maatskappy oortree wette wat verbruikers beskerm en het sy bates bevries. Die waarnemende kommissaris, Thezi Mabuza, sê twee ander reisagentskappe, Unique Kaybe Holdings en Travel Plug, word tans weens soortgelyke klagtes ondersoek: