Amerikaners niks lus vir nuwe Covid-spuit nie

Minder as een derde van die Amerikaners, 29 persent, het die nuwe Covid-19-entstof wat onlangs vrygestel is, ontvang. Daarteenoor sê 47 persent van Amerikaanse volwassenes dat hulle vanjaar die jaarlikse griepinspuiting gekry het. Volgens ‘n Gallup-peiling het nog 20 persent van Amerikaanse volwassenes aangedui dat hulle van plan is om die nuwe Covid-spuit te kry, wat die vlak van huidige inenting teen Covid tot byna die helfte van Amerikaners kan bring, maar dit val steeds onder die gesamentlike 63 persent wat of beplan om die griepinspuiting te kry.