Beurtkrag vertraag noodreaksie-spanne in SA

Nood-mediese Dienste het kommer uitgespreek dat die voortdurende kragonderbrekings hulle reaksietyd beïnvloed. ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê onbetroubare en onbestendige netwerke, sowel as verkeersopeenhopings weens verkeersligte wat buite werking is, plaas lewens in gevaar omdat nooddienste nie kan uitkom waar hulp benodig word nie. Hy sê hulle tref maatreëls om vertragings te vermy: