Beurtkrag sal teen einde Januarie by staatsinstellings eindig

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het erkenning gegee aan die hof in Pretoria se uitspraak wat die regering opdrag gee om teen die einde van Januarie beurtkrag by staatsinstellings te beëindig. Dit raak hospitale, klinieke, skole en polisiekantore. Ramaphosa het in die wandelgange by die COP28-klimaatspitsberaad in Dubai gesê die uitspraak bevestig die regering se toewyding aan sy program om beurtkrag te beëindig.