Media is in oorlewingstryd, regering moet help met lewensvatbaarheid

Soos heelwat koerante en mediahuise wêreldwyd is van die media in Namibië ook in ‘n oorlewingstryd gewikkel. Dietrich Remmert, ‘n navorsingsgenoot by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, het in ‘n studie oor die plaaslike medialandskap bevind toenemende digitalisering blyk ‘n uitdaging te wees, asook onder meer geloofwaardigheid weens artikels wat soms op net een bron staatmaak. Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust in Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering moet in moeilike tye seker maak die media-omgewing is lewensvatbaar.