Beurtkrag op van fase een na vier

Eskom is genoodsaak om beurtkrag van fase een tot fase vier te verhoog, weens onklaarrakings en vertragings met die heringebruikneming van eenhede. Fase vier-beurtkrag is tans tot vier-uur vanmiddag in werking waarna fase vyf tot môreoggend vyf-uur van krag sal wees. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing herhaal word. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope 24-uur is ‘n opwekkingseenheid by Arnot-kragstasie in Mpumalanga weer suksesvol aanlyn gebring: