Beurtkrag ‘n krisis vir medisyne-berging

Die DA in Gauteng sê beurtkrag veroorsaak ‘n krisis vir medisyne-berging in die provinsie se openbare klinieke. Die rede hiervoor is die diesel vir kragopwekkers wat soms opraak, en sommige ou yskaste gee in weens die veelvuldige kragonderbrekings. Die DA-lid, Jack Bloom, sê personeel verkeer onder geweldige druk omdat hulle medisyne na werkende yskaste toe moet skuif om te voorkom dat dit bederf.