Nóg vyf Somaliese soldate sterf

Nog vyf soldate is dood in ‘n aanval op ‘n militêre basis in Somalië. Aanvallers van die Al-Shabaab militantegroep het die basis in die dorp Galcad vroeg vanoggend met ‘n motorbom-ontploffing geteiken en op die soldate by die basis losgebrand. Die slagoffers sluit die basis se adjunk-bevelvoerder in, wat deel was van ‘n eenheid wat deur Amerika opgelei is. Die Somaliese regering het onlangs weer beheer oor die dorp terug geneem as deel van ‘n offensief teen Al-Shabaab. Dinsdag is minstens vyf Somaliese soldate en ‘n aantal aanvallers dood in ‘n Al-Shabaab-aanval op ‘n militêre basis in die dorp Hawadley.