Beurtkrag kos 350 000 werksgeleenthede

Navorsing deur PricewaterhouseCoopers dui daarop beurtkrag gaan Suid-Afrika se ekonomie benadeel en tot meer as 350 000 werksverliese lei. Die kragonderbrekings gaan na verwagting vanjaar se bruto binnelandse produk-groei met drie persentasiepunte verminder. Volgens media berigte sê die uitvoerende hoof van Energy Thought Leader, Mike Rossouw, Eskom se penarie is kommerwekkend omdat al meer kragstasies onklaar raak. Hy sê die land moet in die afsienbare toekoms meer beurtkrag verwag.